Aliwal-Noord se Tennis-seuns

Vrydag, 28 Februarie, het 12 tennis-seuns van Hoërskool Aliwal-Noord aan die Fichardtpark Tennisdag deelgeneem.  Hul 3de span speel teen Bothaville, Fichardtpark, Zastron, Burgersdorp en Grens. Hulle verloor ongelukkig teen Grens en eindig 2de in hulle groep.

Die 2de span speel teen Fichardtpark, Zaston, Diamantveld, Burgersdorp en Grens. Hulle wen al hulle wedstryde en eindig 1ste in hulle groep!

Die 1ste span speel teen Jim Fouche, Sentraal, AHS Kroonstad, Diamantveld, Middelburg en Union High. Hulle wen ook al hulle wedstryde en eindig 1ste in hulle groep!

Dit beteken dat Alies se 1ste en 2de span teen mekaar moes uitspeel om die wenner van die dag te bepaal.  Die 1stes wen die 2des en wen die B-afdeling.

Baie geluk manne! Julle is voorwaar ‘n groep tennisspelers om dop te hou!

1ste Tennis-span

2de Span Tennis-seuns