Category: Rugby

Leerder van Cradock gekies vir OP o/18 Vroue Rugbyspan

Zikhona Mbuqe, graad 11 leerder van Hoërskool Cradock, is gekies vir die OP o/18-vrouespan wat van 4 tot 6 Augustus deelneem aan die SARU Youth Training Centre (YTC) te Bloemfontein. Zikhona oefen saam met CHS se eerste rugbyspan en woon ook OP-oefenkampe by sover moontlik. In die posisie van hakker, haar gunsteling, kan sy enige kranige rugbyseun ‘n ding of twee wys! CHS is geweldig trots op hierdie...

Read More

Hoërskool Cradock Rugbyspelers bekroon met pette

Met die jaarlikse interskole kragmeting wat enkele weke weg is, het Hoërskool Cradock se eerste rugbyspan ‘n tradisie voortgesit wat reeds jare lank beoefen word. Die eerste rugbyspan van CHS is bekroon met hul eerstespanpette in ‘n seremonie wat spesiaal is vir beide die spelers sowel as die afrigters. Hierdie pette word breëbors gedra tydens die interskole kragmeting teen Gill College, wat hierdie jaar te Somerset-Oos plaasvind.  Die gemeenskap van Cradock word genooi om te deel in die trots wat die Kwaggas met hul saamdra en die spelers van die verskeie sportsoorte op 11 en 12 Augustus te ondersteun...

Read More

Kwaggas oppad na o/15 Rugbynaweek

Vier leerders van die Hoërskool Cradock is gekies om die komende naweek deel te neem aan die Middelande Sub-unie Rygbytoernooi te Aliwal-Noord.  Andrew Collett, Okhule Ynata, Franco Collorossi en Smiso Vabaza is ingesluit in die o/15 span wat tydens hierdie toernooi gaan deelneem. Mnr. JR Foreman, sportbestuurder by CHS, is ook gekies vir die afrigtingspan wat hierdie groep leerders na Aliwal-Noord vergesel. CHS is baie trots op hierdie talentvolle Kwaggas en wens hul alle sterkte toe vir die toernooi. Op die foto bo: Voor vlnr:  Andrew Collett, Okhule Yanta Agter vlnr:  Franco Collorossi, Mnr. JR Foreman, Smiso Vabaza...

Read More

Categories

Positive Quotes

You don’t get paid for the hour. You get paid for The value you bring the hour. Jim Rohn