Category: Schools

Kwaggas kook in geografie

Twee graad 11 Geografie-leerders van Hoërskool Cradock, het in die jaarlikse kaartwerkkompetisie ‘n gesamentlike eerste plek behaal.  Die kompetisie is deur Mev. Ruth Klaasen van die Departement van Onderwys aangbied. Al die skole in die Cradock distrik het díe praktiese vraestel geskryf.  Brett van Deventer en Zanelle Weitz het egter skoonskip gemaak deur te wys dat hulle die nodige kaartwerkvaardighede op graad 11 vlak bemeester het.  Baie geluk Kwaggas! Op die foto bo: v.l.n.r.:  Mnr Adolf Gouws (Skoolhoof), Brett van Deventer, Zanelle Weitz, Juf. Zelda Mans...

Read More

Hoërskool Cradock Krieketspelers gekies vir Winterberg-span

Die jaarlikse Winterberg o.17 krieketproewe het op 16 en 17 Oktober 2017 te Cradock plaasgevind.  Baie geluk aan Ryan Gowar, Raymond Tom, Liya Rasmeni and Xhanti Saptoe wat gekies is vir die Winterberg o.17-span. Tydens twee wedstryde teen Karoo is spelers vir die OP Plattelandspan gekies.  Hoërskool Cradock is trots op Ryan Gowar en Raymond Tom wat in hierdie span ingesluit is.  Baie geluk...

Read More

Hoërskool Cradock  se Top 10 Atletiek sorg vir talle rekords

Op Saterdag 14 Oktober2017 het die tartanbaan van die Cradock Sportkompleks gewemel van besoekende atlete wat van oral heen gereis het om deel te neem aan die jaarlikse Bestmed, Tams Superspar en Madibaz Skole Top10.  Hoërskool Cradock het hierdie gewilde byeenkoms vanjaar vir die twaalfde jaar aangebied. Met die kwik wat vinnig bo 30 grade Celcius gestyg het, verg dit nie veel van die atlete om die baan aan die brand te hardloop nie.  Ook in die verskeie velditems loop atlete hulself vas teen strawwe kompetisie.  Nietemin het atlete hul allerbeste gegee en puik prestasies behaal. Agt honderd een...

Read More

Kwaggas neem afskeid van matrieks

Op Woensdag 18 Oktober het die 2017 matriekklas van Hoërskool Cradock vir oulaas as groep saamgekom om hul skoolloopbaan af te sluit. Na twaalf jaar in die skoolbanke het die tyd aangebreek om die leisels oor te gee aan hul opvolgers en met alle erns te begin voorberei vir sekerlik een van die belangrikste eksamens wat hulle sal aflê. Soos in vorige jare het die groep matrikulante ‘n heerlike ontbyt by die Victoria Manor geniet en stories uitgeruil oor hul mooiste herinneringe sowel as hul toekomsplanne.  Hierhet elkeen ook ‘n Kwagga Toekenning ontvang wat beskryf waarvoor elkeen van hulle...

Read More

Cradock Hoërskool besig op krieketveld

Die eerste krieketspan van Hoërskool Cradock het van 12-14 Oktober 2017 deelgeneem aan die Despatch Pro 20 toernooi.  Die span is deur Mnre. Dirk Cornje en Hansie Diedericks vergesel. Gemengde welslae is behaal in wedstryde teen John Walter, Port Rex, Despatch en Hoërskool Grens.  Ryan Gowar speel ‘n goeie beurt teen John Walter en teken 42 onoorwonne lopies aan wat verseker dat die Kwaggas hierdie wedstryd met 7 paaltjies wen.  Siphe Nofukuka blink uit met die bal en neem met uitstekende boulwerk vyf paaltjies in die wedstryd teen Port Rex.  CHS verloor ongelukkig die kragmeting met een paaltjie.  In...

Read More

Categories

Positive Quotes

You don’t get paid for the hour. You get paid for The value you bring the hour. Jim Rohn