Hoërskool Cradock het twee tennisspanne gehad wat van 23-27 Augustus 2017 deelgeneem aan die Menlopark Tennis Toernooi.

Die Kwaggas se seunspan kom te staan teen sterk spanne van skole soos Waterkloof, Pretoria Boys High, Hoërskool Pearson en Potchefstroom Gimnasium.

Beide CHS se seuns- en dogterspanne lewer goeie uitslae.  Met die matrikulante wat moes onttrek om voor te berei vir hul rekordeksamens asook enkele eerstpanspelers is wat na Kaapstad gereis het om deel te neem aan die ATKV Tienertoneel, het hierdie twee saamgestelde spanne steeds goeie vertonings op die baan gelewer.

Die seuns wen hul wedstryd teen Hoërskool Pearson en speel gelykop teen Menlopark.  Teen Waterkloof, Potchefstroom Gimnasium en Zwartskop moes CHS egter die knie buig.  Yahron van Dyk en Daniel Tam blink uit in die seunsafdeling en maak dit reeds vroeg in die toernooi duidelik aan húl opponente dat geen wen sonder moeite gaan wees.  Die seunspan eindig in algehele sesde plek tydens die toernooi.

Die dogters kom te staan teen Waterkloof, Oranje Meisieskool, Hoërskool Pearson sowel as Afrikaanse Hoër Meisieskool en eindig in algehele agtste plek in die dogtersafdeling.  Jani Hatting blink uit in die dogterspan en klop haar opponent met pragtige tennis.  Hierdie jong, ontwikkelende span speel goeie tennis en wys weereens dat daar baie belofte in hulle steek.

Baie geluk aan hierdie twee spanne wat hul man gestaan het teen vooraanstaande skole vanuit die stede.  Hierdie Kwaggas staan vir geen uitdaging terug en ons is trots op jul waagmoed en prestasies!